7de LAAN se “HOEZIT MY TJOMMA” WITBANK FLOOZE is terug met ‘n splinternuwe cd en show en vanjaar is jou favourite tjomma ook by die Crayfish Derby in Gansbaai. Hier kan jy van die eerstes in jou omgewing wees wat hierdie veelbesproke aktrise, sangeres en liedjieskrywer se uiteenlopende kommin/cool klanke in lewende lywe ervaar.
As FLOOZE oorrompel sy steeds gehore landwyd, haar classy Floozerayna moves bring die kommin in jou uit, haar sin vir humor is so aansteeklik soos waterpokkies in Witbank en haar alombekende tune “HOEZIT MY TJOMMA” het die musiekmark soos ‘n 7de Laan Flooze vuishou getref... Met Sorina/Flooze se eerste cd “Hoezit my tjomma” het sy reeds goue status bereik met album verkope van meer as 25 000 kopieë. Die einste album het ook ‘n Vonk toekenning en Huisgenoot Tempo toekenning gewen vir die beste humor album van 2011. Haar nuwe album “Ek Watch Jou” volg beslis in dieselfde spore as sy voorganger toe sy reeds vanjaar met die GHOEMA toekenning weggestap het vir die beste humor album. Ten spyte van al die toekennings en sukses, bly Sorina se lewensleuse steeds Koos du Plessis se woorde: “Wat ek is, is net genade en wat ek het, is net geleen” Die “EK WATCH JOU” album beloof om haar aanhangers en Tjommas nog meer gelukkiger te maak want daar is iets vir almal, van die Tjommies, die Tjommas die Tjomammas en Tjompappas tot die Tjommagoggos !!! Ja vermaak vir die hele familie, “all ages” humor op sy beste! Dié rondte klim Sorina, die meisiemens agter die masker van die Flooze, egter self ook sterker in die bokskryt om gestroop te staan en die binnekant van haar hart se woorde te wys. Maar die groot vraag bly steeds: Wie is SORINA nou eintlik?!?! Is sy regtig die wille Witbank Flooze wannabe met maltrap manewales wat jonk en oud kan bekoor met oortuigende kommingeit?! Of is sy soos elkeen daarbuite ook maar net ‘n gewone skaam meisiekind?! Kom kuier saam by die Crayfish Derby in Gansbaai en kom vind vir jouself uit. Kom ervaar, beleef, beluister en gee jouself oor aan ‘n show wat jou gaan wegblaas anner kant Witbank verby!!! So bring jou hele FAMILIE om dit te kom geniet. Hou vas jou lag en maak vas hierie dag my Tjomma want hier kom ‘n Flooze van ‘n ander valley na jouse valley!!! Datum: 30 Maart 2013 Plek: Crayfish Derby Gansbaai Besprekings: Chrizulene 082 873 6889 Soos Flooze sal sê: MY TJOMMA, EK WATCH JOU DAAR!!!! Ekwatchjou!!! FLOOZEversusSORINA! ZEFFERversusTREFFER! GLITTERversusSKITTER! www.sorina.co.za PERSVERKLARING Navrae:[email protected] 0824588751BRAAMRIEKERTEKWATCHJOU!
0 Comments
Leave a Reply. |
Archives
June 2014
Categories
All
|