Dis Baie Hartseer om vanoggend hierdie blog te tik, vir die van julle wat nog nie gehoor het nie ons geliefkooste Langarm Dans plek Die Skuur maak sy deure toe.
Die skuur was altyd 'n plek waar ons as vriende bymekaar kon kom vir 'n braaitjie en 'n lekker aandtjie se kuier en dans. Natuurlik sal al die RUGBY kykers julle seker die meeste mis, want waar gaan ons nou Rugby kyk op 'n MEGA big screen en daarby nog so lekker kuier ook. Almal sal onthou hoe Andre & Theresa altyd uit hulle pad uitgegaan om almal te laat welkom voel, en seker gemaak het almal kuier lekker, en dis hoekom hulle Die Skuur se deure gaan sluit met 'n lekker OPSKOP! So kom geniet die laaste aandjie saam met HULLE!!!!! Saterdag 1 Junie 2013 "Alles moet uitverkoop kos en drank" Daar gaan 'n lekker LIVE Band op die verhoog wees, wat almal se voete sal laat JIK! So kry al die BUDDIES bymekaar en ons maak dit 'n aand om te ONTHOU! "Ons wil graag vir almal dankie se vir al die support wat ons van almal gekry het in die laaste 3 en 'n half jaar en baie dankie aan die mense wat gehelp bou het aan 'n droom" -Andre en Theresa.
0 Comments
Leave a Reply. |
Archives
June 2014
Categories
All
|