P&B OVAALBAAN WEDREN FINAAL
2 JUNIE 2012 Bredasdorp Motorklub bied Saterdag 2 Junie 2012 die seisoen finaal aan by P&B kalk baan. Eddie Rasta gaan tesame met Kosie Weyers weer vir ons kom “Drift” soos net hulle kan. Eddie Rasta kom weer met sy Big 6 Cortina en Kosie Weyers kom met sy Nissan ZX. Verskeie klubs kom deelneem. Kleinplasie Worcester kom in ‘n konfooi vanaf Worcester. Cape Hell Drivers het ook ‘n paar karre wat kom deelneem. Daar gaan ‘n ”4 silinder uitdaag” wees waar drywers van die RWD, FWD 1660 en 2.1 klasse teen mekaar gaan deelneem vir prysgeld wat geborg word deur PRICE CLUB - BREDASDORP Kosie Weyers gaan weer toeskouers saam met hom laat ry en kaartjies vir die belewenis sal beskikbaar wees. Kom “Drift” saam met Kosie Weyers en laat die andrenalien pomp in jou are. TOEGANG – VOLWASSENES R30.00 KINDERS ONDER 12 R10.00 Hekke open 10H00 Wenrenne begin 16H00 Bring jou stoel, hout en vleis en kom geniet die laaste wedren van die seisoen saam met Bredasdorp Motorklub Kosstalletjies is beskikbaar.
0 Comments
Leave a Reply. |
Archives
June 2014
Categories
All
|