Ja, 2013 is vinning besig om verby te snel. Ek en my tweeling broer Laurentius sal weereens iets vir die “jonk van gees - gryse wyses” in die Ouetehuis van Riviersonderend wil doen. Soos laas jaar beplan ons om weer die fondsinsameling af te skop met die Voet van Afrika marathon op Bredasdorp op 19 Oktober waar ek en broer en ‘n paar vriende die 21km half marathon sal stap. Ons beplan dan om Sondagoggend 20 Oktober met mening weg te spring en die 40km van Bredasdorp na Agulhas lighuis te stap. Die week wat daarop volg, gaan ons ons ouers (ma 78 en pa 82 woonagtig op Riviersonderend) bietjie bederf en het huisies bespreek by Langezandt in Struisbaai. Dit is ‘n baie welverdiende ruskaans vir ons ouers en ons moeder raak 79 op die 29ste Oktober. Na die rustige week vertrek ek en broer Vrydagoggend 25 Oktober per fiets vanaf Struisbaai na Riviersonderend (ongeveer 85km) vir die finale been van die fondsinsameling. Ons beplan om so teen 14h00 by die ouetehuis te arriver. Nou vir die belangrikste inligting !!! Die Vrydagaand beplan ons ‘n fondsinsameling bymekaarkom by die rolbalklub op Riviersonderend. Ons reël ‘n saamtrek vir oud Riviersonderenders en enige iemand wat al te doene gehad het met ons dorp. Al het jy nog net ooit daar ‘n pastei gekoop of deur gery. Almal welkom wat saam wil kom kuier die naweek van 25-27 Oktober. Soos die mense wat laasjaar saam kom kuier het kan getuig, het ons heerlik gebly by Cansius en Rykie Swart se kampoord Khomeesdrif teen die rivier. Ons gaan weereens daar kamp opslaan. Bespreek nou by [email protected]. Daar is ook akkomodasie in gastehuise op Riviersonderend en omgewing beskikbaar. Ons is oop vir enige voorstelle of idees en sien weereens uit na ‘n suksesvolle fondinsameling vir ons gryse wyses op Riviersonderend en om bande te smee met lang verlore kennisse en hopelik nuwe vriende te maak. Vriendelike Groete Bouwer en Laurentius Schoonwinkel Navrae: Bouwer Schoonwinkel +27 (0)84 206 6201 Laurentius Schoonwinkel +27 (0)83 320 4283 Epos: [email protected]
0 Comments
Leave a Reply. |
Archives
June 2014
Categories
All
|