Sedert die nuwejaar het Piet Botha steeds aanhoudend getoer ,
in Gauteng, in die Kaap , op die Weskus , in die Klein Karoo, ook in Oudtshoorn, Albertinia, Gansbaai, Kleinmond en weer op en af en rondomtalie na Johannesburg, Pretoria, Bloemfontein en wie weet wat wag nog vorentoe. Meestal saam met die Dennis broers en AJ Graham ( “Lyzyrd Kyngs”) maar ook saam met verskeie ander kunstenaars soos Tidal Waves, The Black Cat Bones, Taxi Violence, Peter Mitchell, Mel Botes , Albert Frost en natuurlik ook met die legendariese groep Jack Hammer. “ Hierdie jaar wil ons net musiek maak..enige plek, groot of klein, unplugged of volstoom, maak nie saak nie...” Omdat Piet volgens oorlewering nie baie hou van mediablootstelling nie, is dit verstommend om te sien hoe baie vertonings in 'n jaar geskied. Elke jaar meer as 120 optredes, en dit vir die laaste 20 jaar …. Wanneer hy in kleiner teaters optree is die klank dan meer akoesties en afhangende van die gehoor sal die repertoire ook byval vind vir die luisteraars, want daar is 'n hele suitcase vol liedjies, Afrikaans en Engels, ballades en blues , rock 'n roll en meer intieme folk en country ...daar is altyd iets vir almal. Deesdae word daar ook gefokus op materiaal van die nuutste albums soos “ Spookpsalms” en “ One Night Only” ( saam met die Akkedis Band). Ou bekendes word nooit agtergelaat nie en heelwat van die “Suitcase vol winter” se treffers word ook gespeel, meestal op aandrang van die gehoor.
0 Comments
Leave a Reply. |
Archives
June 2014
Categories
All
|