JaneeKyk Produksies bied aan, ’n regte-egte komedie. ORION SE BELT kyk spottenderwys na die regtige egtige wêreld van realiteitstelevisie, met histeries-snaakse situasies so reg uit die “werklikheid” gepluk.
Orion ontmoet sy droomvrou, en nog ’n droomvrou...en nog 18 ander droomvroue en sit hulle almal saam in ’n huis met 64 000 kameratjies. Wie sal Orion kies om sy verewig-en-altyd mee te spandeer? Vind uit in die slot episode van hierdie gekspul. Dit is so regtig dit voel of jy sommer ook in die ding bekoek en bekruis is, man net soos wanneer jy BOER SOEK ’N VROU kyk. Dis so regtig dat jy kan nie help om in te skakel nie, amper soos jy maak met MASTERCHEF. Dis so regtig dat dit voel of jy daar is, priesies net soos IDOLS. Dis so regtig - Dis Rêrig-êrig!
0 Comments
Leave a Reply. |
Archives
June 2014
Categories
All
|